NIEL VAN DEVENTER

ANDERKANT GISTER

NIEL VAN DEVENTER
LYONESS/KYKNET. 18 Oct, 10:00 - 11:00
VERVAARDIGER: Niel van Deventer
REGISSEUR: Charlene Brouwer
DRAAIBOEKSKRYWER: Niel van Deventer
KINEMATOGRAAF: Brad Devine
REDIGEERDER: Christiaan Scheepers

AKTEURS: Hannes Brummer, Andre Odendaal, Kobus Boshoff, Erik Holm, Christl Weinbeck, Hermann-Ludwig Steinmann, Cobus Visser, John-Henry Opperman, Michelle Botha

Bennie du Plessis is ’n jong Afrikanerman wat in die jare tagtig en negentig in ’n veranderende Suid-Afrika grootgeword het. Ten spyte daarvan dat hy suksesvol is en min het om oor te kla, wens hy soms dat hy kon teruggaan en dinge anders doen – veral ten opsigte van ’n onlangse liefdesteleurstelling. Een aand ná ’n paar biere spreek hy dié wens hardop uit. ’n Man in die kroeg, wat oor magiese kragte besit, knoop ’n geselsie aan. Hy maak seker Bennie wens wat hy wens en gee hom sy laaste drankie vir die aand… Die volgende oggend word Bennie wakker in 1987, maar nie as sesjarige nie. Hy is steeds 31 – met sy moderne klere, sy selfoon (wat nie werk nie) en sy (nuwe) geld wat vir hom net soveel werd is as Monopoly-geld. Hoe nou gemaak?