VERVAARDIGER: Jaco Loubser (Homebrew Films)
REGISSEUR: Rene van Rooyen
DRAAIBOEKSKRYWER: Rene van Rooyen
KINEMATOGRAAF: Zenn van Zyl
REDIGEERDER: Simon Beesley
AKTEURS: Carolyn Forward, Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Wilhelm van der Walt, Hannes van Wyk, Regardt vand den Bergh
Danielle moet sak en pak terugtrek na haar pa, ’n bestuurder op ’n wynplaas in die Boland, nadat haar verlowing verbreek is. Dit voel of sy nooit die hartseer gaan afskud nie, totdat sy een laatmiddag op ’n staptog ’n geheimsinnige lantern sien brand wat sy volg tot by ’n verlate ou plaashuis. Daar ontmoet sy vir Johan, wat haar vir aandete nooi by die bekende Nantes-plaas. Dit is ’n betowerende, magiese aand wat terugspeel op die jare vyftig met die De Villiers-gesin van drie as die gashere. Dit is ’n aand van kos, wyn en samesyn. Uiteindelik vertrek Danielle met ’n belangrike brief wat sy vir haar pa moet gee. Sy besluit om dit vir hom te los en haar eie pad te vind, vorentoe – weg van die hartseer van die verlede.