VERVAARDIGERS: Louise Malan,
Rachel van der Westhuizen en Arthur Twigge
REGISSEURS: Adriaan de la Rey en Armand Fourie
DRAAIBOEKSKRYWERS: Armand Fourie en Adriaan de la Rey
KINEMATOGRAAF: Werner Olivier
REDIGEERDERS: Adriaan de la Rey, Werner Olivier en Wihann Strauss
AKTEURS: Richard van der Westhuizen, Kees Lensing, Jessica Lee Heath
’n Rugbydrama oor die innerlike worstelinge van ’n oud-Vrystaat-rugbystut wie se lewe in duie stort. Hy het nooit sy volle potensiaal op die rugbyveld bereik nie. Die krag en aggressie wat hy nooit vrye teuels op die rugbyveld kon gee nie, kom tot uiting in sy alledaagse lewe. In ’n wêreld van vaderlike verwagtings, mislukkings, onderdrukte gevoelens en vernedering word hy verby breekpunt gedryf. Hy kry ’n eenmalige kans om in sy klein Vrystaatse dorpie se klubrugby-finaal te speel ’n ander koers in te slaan. Maar die steurende mantra draai steeds in sy kop: Hoeveel verg dit om ’n skrum regop te hou?