VERVAARDIGERS: Jennis Williamson en JC Snooke
REGISSEUR: Kabous Meiring
DRAAIBOEKSKRYWERS: Jennis Williamson, JC Snooke en Kabous Meiring
KINEMATOGRAAF: Adam Bentel
REDIGEERDER: Cremer van Dango (Hey!Fever)
AKTEURS: Illse Roos, Karin vd Laag, Anel Alexander, JC Snooke, Lee Scott, Leandie du Randt, Eloise Cupido, Gustav Gerdener en Debre Rossouw.
Drukkersbloed draai om die intriges, politiek, skandale en afguns in die Afrikaanse musiekbedryf. Dit lei tot die moord van die hoofkarakter, Johan Diededricks, ‘n joernalis. Johan ontbloot sekere skandale in die bedryf gedurende sy soeke na die waarheid. Gevolglik los Drukkersbloed jou met vrae soos: Wie maak die meeste geld in dié bedryf? Wie het die grootste en mooiste plaas? Wie is gay? Is dit ‘n goeie ding dat ouers hul kinders se loopbane bestuur? Is daar ‘n plek vir poniekoerante en joernaliste wat bloot sensasie najaag?